Show

Die Goeie Pa

None

‘n Gelukkige familie. ‘n Goeie Pa. ‘n Donker geheim. 

Almal het gedink hulle was ‘n lieflike gesin. Maar agter toegetrekte gordyne skuil donker geheime.

Die toneelstuk verken die psigologiesie uitwerking van mishandeling op drie vrouens: Susan, die Ma, se ontkenning; Karla, die tweeling suster, se skuld en jaloesie; en Diaan se Stockholm sindroom.

Hierdie solo opvoering neem die gehoor op ‘n reis van teater betowering met gebruik van ‘n enkele rekwisiet, asemrowende beligtings-ontwerp en ‘n byna ongelooflike storie. Dis ‘n verhaal van oorlewing, verlossing en oorwinning. 

Die vervaardigers van THE UNLIKELY SECRET AGENT wat 8 Fleur Du Cap nominasies ontvang het, bied aan die Suid-Afrikaanse première van DIE GOEIE PA. 

Met Erika Marais wat pas ‘n nominasie ontvang het vir beste aktrise vir haar vertolking van Eleanor Kasrils. Vertaling en regie deur Paul Du Toit (Wenner - Beste Regiseur 2022).

 DIE GOEIE PA is gebaseer op die toneel stuk van die geprysde Britse dramaturg Gail Louw, THE GOOD DAD, en volg op twee hoogs suksesvolle speel vlakke  in London. 

Moenie hierdie treffende drama misloop nie.  ‘n Roerende verhaal van oorlewing, verlossing en oorwinning. 

DIE GOEIE PA - daar skuil iets in elke huis.

Terugvoering vir Die Goeie Pa:

"An incredibly powerful but gentle telling of a devastating story. An important piece of theatre."

"Dit sny diep! Uitstekende produksie en soos altyd is Paul du Toit se regie prysenswaardig! Geluk Erika Marais, jy was betowerend."

"Powerfully directed and powerfully acted, with no over the top - the understated discipline of the work makes it a masterpiece, very compelling."

Photos: Jeremeo Le Cordeur

There are up upcoming performances of this show available to book now. Browse here for other shows.