Show

Doppers en Filistyne - C.J. Langenhoven

None

Eric Nobbs beeld in 'n skreeusnaakse vertolking die ergenis van die dorpslewe uit soos gesien deur die oë van Ou Stoffel Gieljam, Sagmoedige Neelsie se "neef". Hy slaag uitstekend daarin om die lagspiere te prikkel in sy unieke voordrag van die tradisionele Afrikaanse humor.


Dié eenmanvertoning, geskryf deur C.J. Langenhoven, is oral deur sowel die pers as die publiek met groot entoesiasme ontvang:

 

Die Volksblad sê o.a. dit is "... skaterlag relevant vir vandag ..." en "... niemand hoef 'n groot Langenhoven bewonderaar te wees om Nobbs se uitmuntende vertolking van veral 'Soetlief se tirade om dorp toe te trek', 'ou Stoffel se siekbed' en sy onderonsie met 'Steekbaard en die Skotse buurman' te waardeer nie. Hier het vele lagtrane gerol.".

 

Pretoria News sê o.a.  "Not since the stories of Oom Schalk Lourens, as told by Patrick Mynhardt, has narration taken on such a colourful dimension. For a fun - and enlightening - evening out, go and listen to Nobbs at his best."

 

Beeld noem dit "... 'n meesterlike solo-vertoning ..."en gaan voort "Hy (Nobbs) slaag uitstekend daarin om die lagspiere te prikkel in sy unieke voordrag van die tradisionele Afrikaanse humor."

 

Cue  meen "... Eric Nobbs gives a master class in storytelling - and for that matter, in acting. Langenhoven's pen portraits of the blessings and complications of rural life ... are among the gems of South African literature. Intimate, funny, heartwarming, comforting entertainment, so beautifully done that if it were French it could be likened to caviar. As it's not, let's settle for boeretroos."

 

There are up upcoming performances of this show available to book now. Browse here for other shows.