Show

Waneer Trou Jy?

None

Wanneer trou jy? So 'n gepaste vraag, indien iemand verloof is. Indien nie, verskaf dit prima vermaak vir elkeen wat 'n eg Afrikaanse "Stand-Up comedy" wil beleef. Mariette Loubser die skrywer en komediant van "Wanneer trou jy? bied nie net teks maar ook sang in die vorm van parodie en eie komposisie soos sy vertel van vrae en flaters.


Mariette Loubser is 'n sangeres en aktrise vanaf die Boland en is huidiglik gebasseer tussen die Kaap en Johannesburg. Sy is een van min vrolike vroulikes in die relatiewe jong Afrikaanse "Stand-Up comedy" mark. Met 'n agtergrond van kabaret, tv-aanbieding en radiowerk het sy ook voltyds gewerk met jeug en blomme & dekor vir troues en funksies. Tans is sy voltyds op die planke met Wanneer trou jy? Tussen 'n uitverkoopte US Woordfees vertoning, binnelandse en buitelandes vertonings in stede soos Londen, Amsterdam, Utrecht, Dublin en Windhoek, het haar nuwe vertoning Toeris-Toeris onlangs sy debuut gemaak voor 'n uitverkoopte Ou Meul Teater in die Paarl. 

There are up upcoming performances of this show available to book now. Browse here for other shows.