Show

Die Konings

None

Bo en behalwe die feit dat “Die Konings” die nuutste en hotste ding in die Afrikaanse musiek-industrie is, is hulle boonop besonders talentvol daarby (of so glo hulle). Met treffers soos “onder by die whiskey bar”, “die Kersfees tossel” en “spuit?” het hulle besluit om die land plat te toer met hulle eerste full blown show “Die Konings”. Bel maar solank vir Ouma en vra of sy die kinders sal babysit, want een ding is seker; liedjies soos “jou lekker tjops maak my honger pops” móét jy eenvoudig live sien.

Op ʼn minder ernstige noot: “Die Konings” is ʼn werkswinkel kabaret wat trek uit die tradisies van drag kings en improvisasie-komedie. Anoecha Krüger, Marelize Viljoen en Elisha Zeeman gebruik hulle manlike alter-ego’s om ʼn skreeusnaakse satire te skep uit seks, geloof, politiek, en alles tussen in. Omdat die gehoor se bydra so belangrik is beloof elke optrede om ʼn unieke ervaring te wees.

Book Tickets for Die Konings: